Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS VIR SONDAG 25 FEBRUARIE 2018

Goeiemôre en welkom by die weeklikse nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, gelees deur ________________________ (jou naam, roepsein en QTH)

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag nuus bulletins in Afrikaans sowel as Engels om 08:15 en 08:30 plaaslike tyd onderskeidelik uit op HF sowel as op verskeie BHF- en UHF-herhalers. Hierdie uitsendings word ook via Echolink herlei deur ZS6JPL. 'n Potgooi is ook beskikbaar op die Liga se web tuiste.

‘n Oudio opname sowel as ‘n teks weergawe kan van die Liga se webblad, www.sarl.org.za, afgelaai word, en jy kan ook daar inteken om nuwe bulletins per e-pos te ontvang.

Ons begin vanoggend die bulletin met nuus van 'n stille sleutel.

Dit is met leedwese dat ons aankondig dat die sleutel van Tony Coleman, ZS5ACB, op Vrydag 9 Februarie 2018 stil geword het.

Ons betuig ons opregte meegevoel aan Sheila, ZS5SC, Peter, ZS6PLC, Louisa, ZS6LU, Harry en John, ZS6JON, ander familie en vriende.

POUSE

In die nuus vandag:

DIE SARL DIGITALE KOMPETISIE VANMIDDAG

DIE SARL HAMNET 40 M GESIMULEERDE NOOD KOMPETISIE VOLGENDE SONDAG

en

AMATEUR RADIO "'N SPESIALE STOKPERDJIE," VERTEL JONG ARRL LID AAN KOLLEGE PUBLIKASIE

Bly ingeskakel vir meer inligting oor hierdie en ander interessante nuusitems.

DIE SARL DIGITALE KOMPETISIE VANMIDDAG

Die SARL Digitale kompetisie is van 14:00 UTC tot 17:00 UTC vanmiddag op die lug met RTD en FT8 aktiwiteit tussen 3 580 tot 3 600 kHz, 7 040 tot 7 060 kHz en 14 070 tot 14 099 kHz. Die kompetisie is oop vir alle radio amateurs in Suider-Afrika. 'n Stasie kan twee keer op elke band gekontak word - een keer op RTD en een keer op FT8. Die uitruiling is 'n RSQ-verslag en die eerste 4 syfers van jou ruitvierkant, bv. KG30. Logstate in die ADIF-, Cabrillo- of MS Excel-formaat met 'n opsommingsblad en gemerk "my roepsein Digitale Kompetisie" moet teen Maandag 5 Maart 2018 per e-pos aan contest@sarl.org.za gestuur word. Lees die 2018 SARL Blouboek voordat die kompetisie begin!

NOMINASIES VIR DIE 2018 SARL AMATEUR RADIO EREGALLERY SLUIT OP 28 FEBRUARIE

Die SARL Amateur Radio Eregallery vereer individue wat aansienlike bydraes tot amateur radio in Suid-Afrika gemaak het. Hul nagedagtenis word bewaar op 'n bladsy op die SARL webwerf, toeganklik via 'n skakel op die tuisblad. Die eerste twee groepe lede is gedurende 2016 en 2017 in die Eregallery opgeneem.

Nominasies sal op Woensdag 28 Februarie tot middernag aanvaar word. Stuur asseblief jou nominasie aan secretary@sarl.org.za. ‘n aanlyn stem sal gedurende Maart plaasvind. Sien asseblief die bestaande profiele op die Hall of Fame-bladsy by www.sarl.org.za/members/HallofFame/HoFMain.asp en nomineer verdienstelike kandidate vir 2018. 'n Nominasie-sjabloon is beskikbaar op die Eregallery-bladsy. Bestaande profiele dien as voorbeelde van goeie nominasies.

Moenie wag nie, jy het net 'n paar dae oor!

DIE SARL HAMNET 40 M GESIMULEERDE NOOD KOMPETISIE VOLGENDE SONDAG

Die gewilde Hamnet 40 m-kompetisie is op Sondag 4 Maart 2018 vanaf 12:00 tot 14:00 UTC op die lug met foon aktiwiteit tussen 7 063 tot 7 100 kHz en 7 130 tot 7 200 kHz. Die kompetisie is oop vir alle radio amateurs in Suid-Afrika, Namibië, Botswana, Zimbabwe, Swaziland, Mosambiek, Lesotho, Marion-eiland en Suid-Afrikaanse Antarktika. Slegs kontakte met hierdie gebiede sal tel.

Jy en/of jou Klub kan deelneem as 'n enkel operateur-stilstaande mobiele stasie, 'n enkele operateur draagbare stasie, 'n multi-operateur draagbare stasie of 'n enkele operateur basis stasie. Antennas is beperk tot antennas met minder as eenheidswins relatief tot 'n dipool. Die uitruiling is 'n sein verslag, gevolg deur 'n drie-syfer nommer soos per kategorie van deelname. Punte telling bestaan uit punte van alle kontakte vermenigvuldig met 'n vermenigvuldiger.

Logstate moet ingedien word teen 11 Maart 2018 per e-pos aan contest@peham.co.za of aan Hamnet Oos-Kaap, Al Akers, ZS2U, Clarencestraat 53, Westering, Port Elizabeth, 6025. Sien asseblief die 2018 SARL Blouboek vir al die inligting oor die uitruiling, telling en vermenigvuldigers. Jy sal 'n MS Excel-logstaat vir hierdie kompetisie vind by www.sarl.org.za/public/contests/contestrules.asp

AMATEUR RADIO "'N SPESIALE STOKPERDJIE," VERTEL JONG ARRL LID AAN KOLLEGE PUBLIKASIE

'n Stygende ster in die Amateur Radio-wêreld, die 19-jarige Ruth Willet, KM4LAO, van Lawrenceville, Georgia, het die oog gevang van haar skool, Kettering Universiteit in Michigan, waar haar hoof vakke meganiese ingenieurswese en ingenieurs fisika is. Willet het reeds aandag getrek deur haar amateur radio-aktiwiteite. Verlede jaar was sy die hoofspreker by die 32ste jaarlikse DX Dinner® in samewerking met Hamvention®, waar haar onderwerp "Ervaar die Stokperdjie van 'n Leeftyd" was. Die vorige somer was sy 'n lid van die 2016 Dave Kalter Gedenk Jeug DX Avontuur (YDXA) vanaf die eiland Saba. Verlede jaar het sy 'n QST Voorblad Plak-toekenning ontvang vir die artikel wat sy oor haar YDXA-ervaring geskryf het. By die 30ste Hamvention Jeugforum in 2017 het Willet gepraat oor "Deel in jou waardevolle klub hulp bronne." Sy is die ontvanger van die ARRL Rocky Mountain Afdeling Beurs. Kettering Universiteit Nuus het kennis geneem van Willet in 'n artikel van 12 Februarie, " Kettering University Student Brings Ham Radio Hobby, Expertise to Campus,," deur Sarah Schuch. Die artikel verduidelik hoe 'n vroeë fassinering met Morse-kode, Willet na amateur radio gelei het en haar geïnspireer het om haar lisensie in 2015 te bekom. Sy het nou 'n Amateur-ekstra klas-lisensie.

"Ek sal mense aanmoedig om dit te oorweeg om die amateur radio te verken, want dit is 'n stokperdjie wat jou toelaat om enigiets van tegniese elektronika na internasionale vriendskappe te verken," het Willet in die artikel aangehaal. "Dit is so 'n spesiale stokperdjie omdat daar so baie mense is wat jou wil leer ken en jou wil help om te leer en te groei. Dit het my regtig in staat gestel om te groei na wie ek vandag is."

"Dit is 'n stres verligting vir my," het Willet van amateur radio gesê. "Ek geniet dit regtig om hierdie stokperdjie met ander studente te deel."

Jy luister na ‘n nuus bulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga

MAART RADIO ZS

Die Maart-uitgawe van Radio ZS sal van Woensdag 28 Februarie beskikbaar wees vir aflaai vanaf die liga-webblad.

UITSLAE VAN DIE PEARS NASIONALE BHF/UHF KOMPETISIE 2018

Die Digitale Kompetisie. Die algehele wenner is Pieter Jacobs, V51PJ, wat 212 904 punte behaal het as 'n basis stasie op 50, 70 en 144 MHz, met Christo Greyling, ZR6AUI, in die tweede plek met 71 940 punte as basis stasie en in die derde plek Andre Botes, ZS2ACP , met 44 345 punte in die vier uur-beperkte kategorie. Die langste afstand wat op digitale bereik is, was tussen Willem Badenhorst, ZS6WAB en Pieter Jacobs, V51PJ, wat 'n nuwe afstand rekord van 1 348 km op 50, 70 en 144 MHz opgestel het. Ons verwelkom nuwe deelnemers in ons digitale kompetisie, dit is Alan Saul, ZS1LS van Kaapstad, Michael Steenkamp, ZS2MIC van Despatch en Andrew Prideauw, ZS2PA in Uitenhage.

Die Analoog Kompetisie. Die algehele wenner is Carl Minne, ZS6CBQ, wat 171 220 punte van 'n basis stasie in Krugersdorp behaal. In die tweede plek is Pierre Lindeque, ZS4PF, met 45 240 punte van 'n basis stasie in Welkom en Rickus de Lange, ZS4A, neem derde plek met 'n telling van 22 170 punte as 'n basis stasie in Bethlehem. Die langste afstand wat gewerk is, 402 km op 144 MHz, was tussen Carl Minne, ZS6CBQ, Krugersdorp en Servaas Wahl, ZS6SER, by Louis Trichardt.

Die Beperkte Kategorie. Die Kaapse Radio-groep, ZS1CRG as 'n multi-operateurstasie, het 4 176 punte gedurende die vier uur-beperkte kategorie behaal. ZS1CRG is bedryf deur Derrick du Plessis, ZS1DUP en Dieter Hoffman, ZS1DWH. In die tweede plek is Al Akers, ZS2U, wat 700 punte behaal as 'n basis stasie van Port Elizabeth.

Die FM Kategorie. Max Bouckley, ZS6MAX, het 300 punte op 145,500 MHz FM van sy basis stasie in Lyndhurst, Johannesburg behaal.

Die Divisie Analoog Wenners
Afdeling 1: Die Kaapse Radio-groep, ZS1CRG - 4178 punte Afdeling 2: Al Akers, ZS2U - 700 punte Afdeling 3: Geen inskrywing - swak voortplantings toestande Afdeling 4: Pierre Lindeque, ZS4PF - 45 240 punte Afdeling 5: Dave Jones, ZS5DJ - 650 punte Afdeling 6: Carl Minne, ZS6CBQ - 171 220 punte

Dit het geblyk dat daar baie amateurs aktief was tydens die analoog kompetisie, maar slegs 'n paar het die moeite gedoen om logstate in te stuur.

UITSLAE VAN DIE SOMER QRP NAELLOOP EN DIE NASIONALE VELDDAG

Die uitslae van die somer QRP-naelloop wat op 27 Januarie gehou is, is vertraag met die hoop dat meer logstate ingedien sou word. Op die ou einde is slegs 4 logstate ontvang, die uitslae is soos volg:

1ste Wes-Rand ARK, ZS6WR
2de Derrick du Plessis, ZS1CRG
3de Nick Dreyer, ZS6NCK
4de Eddie Leighton, ZS6BNE

Hopelik sal meer logstate volgende keer ontvang word!

Uitslae van die SARL Velddag kompetisie. Sewentien logstate is ontvang met 1 204 kontakte wat gedurende die naweek gemaak is. Ongelukkig moes 'n hele paar kontakte uit die logstate verwyder word weens verkeerde roepseine, duplikate en bande wat verkeerd aangemeld is. Die voorlopige uitslae is soos volg:

Klas A
1ste Wesrand ARK, ZS6WR - 137 280 punte
2de Highway ARK, ZS5HAM - 126 840 punte
3de Welkom Radioklub, ZS4WRC - 62 520 punte

Klas D
1ste Johan van Zijl, ZS4DZ - 16 632 punte

Klas E
1ste Eddie Leighton, ZS6BNE - 2 880 punte

Klas F
1ste Bo-Karoo ARK, ZS3VDK/6 - 20 040 punte
2de Roy Walsh, ZS3RW - 480 punte
3de Bruce Dunn, ZS5XT - 5 punte

Statistieke van die naweek - 1 012 ESB, 7 gelykgolf en 124 digitale kontakte is oor die naweek gemaak met 924 op Saterdag en 280 op Sondag.

HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak baie laag gaan bly. Daar is tans geen sonvlekke sigbaar nie. Diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, kan 'n verwagte effektiewe sonvlektelling van een vir die week gebruik. Amateurs kan goeie openinge op die 15 tot 30 m bande verwag. Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

Nou die Dagboek van Gebeure vir die volgende paar weke:

Vanmiddag – die SARL Digitale Kompetisie
28 Februarie – die sluitingsdatum vir voorstelle en opsomming vir AMSAT SA Ruimte Simposium referate en die sluitings datum vir nominasies vir die SARL Amateur Radio Eregallery
3 Maart - Wêreld Natuurlewedag; die ARRL DX ESB kompetisie en die Kaapstad ARS se snuffelmark/kattebak verkoping onder die bome by die klubhuis
4 Maart – die SARL Hamnet 40 m kompetisie en die ARRL DX ESB kompetisie
5 Maart – die sluitingsdatum vir Digitale kompetisie logstate
8 Maart – Internasionale Vroue Dag
10 en 11 Maart – die SARL BHF/UHF Analoog kompetisie en die 82ste RSGB Statebond kompetisie

Om die bulletin mee af te sluit, ‘n opsomming van ons hoof berig:

Die SARL Digitale kompetisie is van 14:00 UTC tot 17:00 UTC vanmiddag op die lug met RTD en FT8 aktiwiteit tussen 3 580 tot 3 600 kHz, 7 040 tot 7 060 kHz en 14 070 tot 14 099 kHz. Die kompetisie is oop vir alle radio amateurs in Suider-Afrika. 'n Stasie kan twee keer op elke band gekontak word - een keer op RTD en een keer op FT8. Die uitruiling is 'n RSQ-verslag en die eerste 4 syfers van jou ruitvierkant, bv. KG30. Logstate in die ADIF-, Cabrillo- of MS Excel-formaat met 'n opsommingsblad en gemerk "my roepsein Digitale Kompetisie" moet teen Maandag 5 Maart 2018 per e-pos aan contest@sarl.org.za gestuur word. Lees die 2018 SARL Blouboek voordat die kompetisie begin!

Dit bring ons aan die einde van hierdie bulletin.

Die Suid-Afrikaanse Radioliga se nuusdiens nooi klubs en individue uit om nuus brokkies van belang vir radio amateurs en kortgolf luisteraars in te dien. Plaas nuus berigte indien moontlik, in beide Engels en Afrikaans op die Suid-Afrikaanse Radioliga webtuiste onder die 'news inbox' skakel nie later as die Donderdag wat die bulletin datum voorafgaan nie.
Luister elke Sondagoggend om 10:00 plaaslike tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082 kHz laer syband, 7 205 en 17 660 kHz AM en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Potgooi deur Dick, ZS6RO, is ook beskikbaar. 'n Heruitsending vind op Maandae om 18:30 plaaslike tyd op 4 895 kHz plaas.

Ons ontvang graag jou seinrapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateur frekwensies.

Jy het geluister na 'n nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel deur Andy Cairns, ZS6ADY, geredigeer deur Vivian Dold, ZS6VD, en gelees deur ...........................................................

Die Afrikaanse Nuusspan groet nou en wens jou `n mooi week toe. Totsiens.

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003